Louis Lemmer

Louis Lemmer is ’n predikant van beroep. Hy is die afgelope 20 jaar betrokke by vrywillige bewaringswerk in Suid-Afrika se nasionale parke, veral rondom fondsinsameling om teenstropingsaktiwiteite te bevorder.

Louis is die voorsitter van die Magaliesstreek se SANParke-ereveldwagters en ’n voormalige voorsitter van die Nasionale Uitvoerende Komitee van SANParke-ereveldwagters.

In sy vrye tyd werk hy ook as ’n gekwalifiseerde staptoergids vir rugsakstappe in die Nasionale Krugerwildtuin.

Is daar hoop vir die renoster?

Freek Robinson, Louis Lemmer Onderhoude 2024-04-03

Freek Robinson gesels met SANParke-ereveldwagter Louis Lemmer oor renosterstropery en renosterbewaring.

Top