Louis Lategan

Louis Lategan het ’n PhD in Stads- en Streeksbeplanning aan die Noordwes-Universiteit, Suid-Afrika verwerf waar hy tans werksaam is as nadoktorale genoot in die Eenheid vir Ruimtelike- en omgewingswetenskappe. Louis se navorsingsfokusse sluit volhoubare ontwikkeling, lae-inkomste-behuising, transdissiplinêre samewerking en groen verstedeliking in. Hy het al talle artikels in geakkrediteerde akademiese joernale gepubliseer, sy werk by verskeie internasionale kongresse aangebied en is aktief betrokke by voorgraadse opleiding en nagraadse studieleiding. In die praktyk het Louis ondervinding in statutêre beplanning en is geregistreer as ’n professionele beplanner by die Suid-Afrikaanse Raad vir Beplanners.

ORCiD: https://orcid.org/0000-0002-8969-6766

Homes as multidimensional assets: the role of informal backyard rentals in South Africa from a planning perspective

Louis Lategan, Juaneé Cilliers, Niké S. Jacobs Academic research 2020-10-27

"Given recent insights into the social value of informal backyard rentals, the article primarily investigates the financial and economic values and secondarily the social values of informal backyard renting in a case study in Bridgton and Bongolethu, Oudtshoorn."

Wonings as multidimensionele bates: die rol van informele agterplaasverhuring vanuit ’n beplanningsperspektief

Louis Lategan, Juaneé Cilliers, Niké S. Jacobs LitNet Akademies (Ekonomiese en Bestuurswetenskappe) 2020-10-27

"Wat beplanning betref, is dit noodsaaklik dat die informele-agterplaasverhuring-sektor as ’n prioriteit beskou word in stadsbeplanningskemas, ruimtelike ontwikkelingsraamwerke en ander infrastruktuur-meesterplanne. So kan beperkende stelsels en regulasies, soos sonering, heroorweeg word om voorsiening te maak vir gemengde gebruike, tweede wooneenhede en hoër digthede."

Top