Louis Botha
Louis Botha verwerf die grade BCom (Regte) en LLB (albei cum laude) in 2008 en 2010 onderskeidelik aan die Universiteit van Pretoria (UP). Hy verteenwoordig UP in verskeie nasionale en internasionale skynhofkompetisies as deelnemer en afrigter van skynhofspanne. Hy is in 2007 en 2008 'n tutor in die vak regsvaardighede, werk van 2009 tot 2011 as Anton Kok se navorsingsassistent en dien in 2012 as dekaansassistent. Hy is tans besig om sy LLM in belastingreg aan die Universiteit van Pretoria te voltooi en beoog om in 2015 met sy leerklerkskap by Cliffe Dekker Hofmeyr te begin.