Loraine Prinsloo-Marcus

Loraine Prinsloo-Marcus is sedert 2011 ’n voltydse dosent aan die Universiteit van KwaZulu-Natal, waar sy tans Sosiolinguistiek onderrig in die Departement Linguistiek. Sy was voorheen ’n dosent in die Departement Afrikaans en Nederlands asook in die Skool vir Opvoedkunde by dieselfde universiteit. Haar navorsingsfokus is Afrikaanse letterkunde, tweedetaalonderrig, akademiese geletterdheid in hoër onderwys en kunsgebaseerde navorsing waar sy gebruik maak van die narratiewe ondersoekmetode. In 2007 behaal sy haar MA-graad (cum laude) oor die onderwerp “Marlene van Niekerk se Agaat (2004) as ’n postkoloniale plaasroman” aan die Universiteit van KwaZulu-Natal onder leiding van professor Andries Visagie. In 2017 voltooi sy haar PhD-graad, wat deur die NNS befonds is, oor die onderwerp “Motivering by die leer van Afrikaans as tweedetaal (T2) en die bereidwilligheid om Afrikaans te praat: ’n Gevallestudie by die Skool vir Opvoedkunde, Universiteit van Kwazulu-Natal” onder leiding van professor Jaco Alant. Met haar proefskrif belig sy die leer van Afrikaans in KwaZulu-Natal, waar die taal op ’n statistiese vlak as minderheidstaal gesien word.

In haar vrye tyd lees, oefen en reis sy graag. Sy hou ook daarvan om tyd in die natuur deur te bring saam met haar eggenoot, familie, vriende en diere.

Pre-service teaching students’ motivation to learn Afrikaans as L2 in a minority context: A case study

Loraine Prinsloo-Marcus Academic research 2020-12-03

"Participants’ perceptions revealed that they prefer smaller language classes that would allow greater opportunity to get to know one another, which could lead to their feeling more comfortable speaking Afrikaans in the classroom."

Onderwysstudente se motivering om Afrikaans as tweedetaal in ’n minderheidskonteks te leer: ’n gevallestudie

Loraine Prinsloo-Marcus LitNet Akademies (Opvoedkunde) 2020-12-03

"Opsommend kan daar gesê word dat die meeste deelnemers se houding teenoor Afrikaans positief is en dat hulle Afrikaans sien as ’n taal wat hulle in staat sal stel om met baie mense te kan kommunikeer, hulle in hul onderwysloopbaan sal help en vir hulle van waarde sal wees buite die klaskamer, veral as hulle buite KZN gaan werk."

Top