Lloyd Zandberg

Lloyd Zandberg is in 1991 in Windhoek se nonnehuis gebore. Hy is ’n Libra, wat beteken hy hou nie van kamp, Wimpy, wiskunde, rosyntjies of glashonde nie. Hy is korter as sy pa, mollig, en het ’n ongeskikte baard. Direk na sy geboorte het hy, sy ma en broer Kaap toe getrek op soek na emerald-gras. Toe hulle dit nie kry nie, het hy besluit om maar skool te loop. In die Kaap skryf hy sy matriek by die Hoërskool Durbanville en kry net-net te min punte om iets te gaan studeer wat BMW's, strandhuise en leerbanke kan koop. Met die genade van iewers word hy aanvaar om fotografie by CityVarsity te studeer. Hy werk vir ’n tyd lank as kommersiële fotograaf en was deel van verskeie uitstallings. Na 22 jaar keer hy terug na Namibië, waar hy vir die koerante rubrieke skryf en in die aande waiter by ’n Duitse restaurant. Naweke neem Lloyd foto's van wilde diere en mooi tannies wat lelik sit. Tans woon hy in Swakopmund aan die kus van Namibië. Onlangs het Lloyd ’n Namibiese ATKV-veertjie vir 12 van sy kortverhale verorber en dit hang nou langs die fotografiediploma teen die sitkamermuur. Hy kan nie swem nie en byt al vir 22 jaar sy naels. Lloyd verkies om te glo dat hy op die verkeerde planeet bly. Maar weet ook dat hy niks daaraan kan doen nie.

Foto: verskaf

Per ongeluk deur Lloyd Zandberg: ’n onderhoud

Liné Loff, Lloyd Zandberg Skrywersonderhoude 2017-06-12

"Ek skryf net sodat mense nie skaam hoef te voel oor goed wat met hulle gebeur nie. Ons is almal eintlik maar net tydelike bewoners van ’n planeet wat ons nog nie lekker verstaan nie."

Top