Lizette Murray

Lizette Murray, oud-onderwyseres en ma van vyf seuns, begin ná die dood van haar middelseun in 2008 ernstig skryf. Sy behartig drie jaar lank die rubriek “Henri stap aan” in die tydskrif Lééf. Dié rubrieke word as gelyknamige boek uitgegee. In 2008 word sy vir ’n ATKV-woordveertjie benoem.

Sy’s ook medeskrywer van die bekroonde kinderboek, Stippe stappe stories, (saamgestel deur Elsabé Steenberg) en skrywer van ’n aantal inspirasieboeke en dagboeke wat deur CUM-uitgewers gepubliseer word.

Tussen 2016 en 2017 is Lizette ’n student by die skryfskool wat die skrywer Rachelle Greeff by die Breytenbach Sentrum in Wellington aanbied.

Ankers vir vandag deur Nadine Blom: ’n resensie

Lizette Murray Resensies 2018-10-11

"Ankers vir vandag laat die klem op twee soorte ankers val: dié wat ’n mens daarvan weerhou om geestelik te kan groei en ander wat jou stewig vashou wanneer die lewe se storms woed."

Top