Linda Willers is in 1972 in Mariental, Nambië gebore. Sy het in 1990 by Hoërskool De Villiers Graaff in die Bolandse dorpie, Villiersdorp, gematrikuleer. Sy woon sedert 1993 in George. Sy werk vir die afgelope 10 jaar as administrateur vir die Ernie Els & Fancourt Stigting — 'n niewinsgewende organisasie wat hul bewyer om jong gholfers van minderbevoorregte agtergronde die geleentheid te bied om nie alleen hul gholfspel te ontwikkel nie, maar hul ook te bekwaam vir toekomstige beroepe.
Sy geniet dit om kreatief te wees en om tyd in die natuur deur te bring. Kosmaak en fotografie is aktiwiteite wat die kreatiewe kant van haar siel voed. Sy glo dat foto's herinneringe lewendig hou.