Linda du Plessis

Linda du Plessis is die waarnemende kampusrektor van die Noordwes-Universiteit (NWU) se Vaaldriehoekkampus. Sleutelverantwoordelikhede sluit akademiese bestuur, kwaliteitsversekering en inskrywingsbeplanning in. Haar vorige posisies sluit in dié van senior direkteur: institusionele beplanning, direkteur: akademiese ontwikkeling asook dosent in Inligtingstegnologie en Databasisse by die Vaal Universiteit van Tegnologie. Linda verwerf haar meestersgraad in Inligtingstegnologie in 1994 en in 2002 voltooi sy haar PhD aan die destydse PU vir CHO. Haar belangstelling is in die veld van hoër onderwys-kwessies, meer spesifiek die faktore wat die hoër onderwys-landskap beïnvloed. Sy tree as spreker by verskeie nasionale en internasionale konferensies op. Sy het ook nagraadse studente begelei en op die redaksie van akademiese joernale gedien. Linda is getroud met Jannie du Plessis en hulle het drie kinders.

Die verhouding tussen navorsing en onderrig by universiteite - 'n gesprek

Linda du Plessis, Estelle Kruger Onderhoude 2016-02-09

Linda du Plessis kyk krities na die verhouding tussen onderrig en navorsing by universiteite: "Leer kan sonder onderrig plaasvind, maar onderrig kan nie sonder leer plaasvind nie."

Depolarisation of teaching and research, reflection through action research at a traditional university

Linda du Plessis Academic research 2016-02-02

"It is important to shift the focus from a result-oriented approach to teaching and learning, to a professional approach which leads to deeper insights within a discipline."

Depolarisering van onderrig en navorsing: Besinning deur aksienavorsing by ’n tradisionele universiteit

Linda du Plessis LitNet Akademies (Opvoedkunde) 2016-01-29

"Erkenning van die akademieskap van onderrig en leer as ’n navorsingsnis het die potensiaal om die gehalte van opleiding by universiteite, skole en ander opleidingsgeriewe te verbeter."

Leerbestuurstelsels teenoor sosialenetwerk-omgewings: die ontwikkeling van ’n geïntegreerde tegnologiese onderrig-leer-model

Imelda Smit, Linda du Plessis 2013-02-20 "Deur die navorsing wat tot die artikel gelei het, is ondersoek hoe studente se persepsies van gesamentlike leer, sosiale teenwoordigheid en vlakke van leer mekaar beïnvloed."
Top