Linda Bosman

Linda Bosman se ervaring strek oor ’n wye verskeidenheid dissiplines binne vroeë kinderonderwys  en grondslagfase-onderwys. Uit haar pen verskyn verskeie opvoedkundige publikasies gerig op wetenskap, wiskunde, leerondersteuning, assessering en navorsing. In haar PhD-studie, wat sy aan die Universiteit van Pretoria voltooi het, ondersoek sy die implementeerbaarheid van die Franse La main à la pâte-ondersoekgebaseerde benadering tot onderwys in die grondslagfaseklaskamer, waar sy fokus op ontsluiting van die stemme van kinders as wetenskaplikes, maar ook die stemme van onderwysstudente as implementeerders van ’n komplekse benadering tot onderwys. Sy beywer haar dan ook vir die voorbereiding van student- en praktiserende onderwysers in die implementering van ondersoekgeoriënteerde en transformerende pedagogieë in die vroeëkind- en grondslagfasepraktyk.

Linda woon in Stellenbosch, waar sy verbonde is aan die Universiteit Stellenbosch se Departement Kurrikulumstudie.

Support strategies for behavioural competency of foundation phase learners with attention deficit/hyperactivity disorder

Ronel Wiese, Linda Bosman, Judy van Heerden, Ina Joubert Academic research 2018-03-27

"Teachers can implement suitable support strategies identified in this study in their teaching methods and initiate programmes at their schools to support competent behaviour of learners with ADHD."

Ondersteuningstrategieë vir gedragsbevoegdheid by grondslagfaseleerders met aandagtekort-/hiperaktiwiteitsversteuring

Ronel Wiese, Linda Bosman, Judy van Heerden, Ina Joubert LitNet Akademies (Opvoedkunde) 2018-03-27

"Onoplettendheid, impulsiwiteit en hiperaktiwiteit het tot gevolg dat leerders nie presteer volgens hulle volle potensiaal nie, nie ontwikkel soos hulle moet nie en nie die mylpale bereik wat deur die jaar aan hulle gestel word nie."

Top