Liezl Wildenboer

Liezl Wildenboer behaal die grade BLC (1995) en LLB (1997) aan die Universiteit van Pretoria. Sy voltooi haar klerkskap in 1999 en word in 2000 as prokureur van die hooggeregshof toegelaat. Sedert 2001 doseer sy regsgeskiedenis aan die Universiteit van Suid-Afrika. Sy is tans besig met haar LLD-studie aan dié universiteit oor die howe van die Zuid-Afrikaansche Republiek. Sy het reeds ‘n aantal publikasies in geakkrediteerde regstydskrifte en is die assistentredakteur van Fundamina, die vaktydskrif vir regshistoriese navorsing.

Pretorius v Dietrich 1872: Klinkende munt of papiergeld?

Liezl Wildenboer, Keith Dietrich LitNet Akademies (Regte) 2015-01-28

Hierdie bydrae gee ’n rare blik op ’n regsdispuut oor die vereiste betaalmiddel wat uit die vroeë 1870’s dateer.

Top