Lézelle Jacobs

LM (Lézelle) Jacobs is ’n lektor in die Departement Handelsreg aan die Universiteit van die Vrystaat. Haar vakgebiede is hoofsaaklik maatskappyereg en likwidasie- en Insolvensiereg.

Sy behaal die grade LLB (2009) (summa cum laude) (UV) en LLM (2012) (UV). Haar verhandeling handel oor die nuwe ondernemingsreddingsmodel soos in die 2008-Maatskappywet vervat.

Sy het ook ’n artikel vir die internasionale tydskrif The Company Lawyer geskryf wat in 2012 gepubliseer is.

Lézelle is ook ’n prokureur, tans op die niepraktiserende rol.


The careful business rescue practitioner: a search for the proper yardstick

Lézelle Jacobs, Johann Neethling Academic research 2016-09-27

"The article focuses on an in-depth exploration of the objective and subjective elements of such a reasonable practitioner test and considers all the relevant facts and circumstances that will be of importance during business rescue proceedings."

Die sorgsame ondernemingsreddingspraktisyn: ’n ondersoek na die gepaste maatstaf

Lézelle Jacobs, Johann Neethling LitNet Akademies (Regte) 2016-09-26

"Dit staan vas dat die ondernemingsreddingspraktisyn ’n regsplig het om met die nodige sorg en vaardigheid met die sake van die maatskappy in nood om te gaan."

’n Ondersoek na die bevoegdhede en aanspreeklikheid van die ondernemingsreddingspraktisyn as maatskappydokter

Lézelle Jacobs 2013-02-12 "Die ondernemingsreddingspraktisyn is die sleutelfiguur in die reddingsverrigtinge en derhalwe is dit noodsaaklik om ondersoek na die werksaamhede van hierdie belangrike rolspeler in te stel."

Die nuwe ondernemingsreddingspraktisyn: Geneesheer of begrafnisondernemer? ’n Ondersoek na die kwalifikasies van die reddingspraktisyn.

Lézelle Jacobs 2012-08-02 "In die huidige ekonomiese klimaat, waar al hoe meer maatskappye onder finansiële druk verkeer, is ’n effektiewe besigheidsreddingstelsel van onskatbare waarde."
Top