Leonie Stander

In Januarie 1975 skryf Leonie Stander in as regstudent aan die PU vir CHO (nou Noordwes-Universiteit), waar sy agtereenvolgens die BIuris- (1977) en LLB-grade (1979) verwerf. Sy word 1 Januarie 1980 as dosent by die Fakulteit Regte aangestel. Gedurende 1985 verwerf sy die LLM-graad (Unisa) en in 1995 die LLD- graad (PU vir CHO). Die titel van haar proefskrif is “Die invloed van sekwestrasie op onuitgevoerde kontrakte”. Van 1994 tot 1999 was sy departementshoof van die Departement Handelsreg. Sy word in 1997 bevorder tot medeprofessor en in 2002 tot professor.

Stander is 'n veelsydige navorser. Sy publiseer hoofsaaklik op die gebied van die insolvensiereg, versekeringsreg en padongelukkevergoeding. Drie-en-veertig (43) van haar artikels, vonnisbesprekings en kronieke is reeds in verskeie geakkrediteerde regstydskrifte gepubliseer. In 2000 ontvang sy 'n toekenning, Beste Eerste Bydrae in die Tydskrif vir Regswetenskap, van die Vereniging van Moritz Bobbertz Penninghouers. Sy het al verskeie boekresensies geskryf en ook ‘n bydrae gelewer tot die boek Social security, wat in 1999 gepubliseer is. Verder het sy reeds verskeie voordragte op sowel nasionale as internasionale kongresse gelewer. Sy tree gereeld op as eksterne evalueerder vir publikasies in regstydskrifte soos SA Mercantile Law Journal, Tydskrif vir Regswetenskap en Speculum Juris. Sy dien ook in die redaksionele adviesraad vir Tydskrif vir Boedelbeplanningsreg van die Ou Mutual Trust Sentrum vir Boedelbeplanning.

Sy is tans by vier navorsingsprojekte in die fokusarea Ontwikkeling in die Suid-Afrikaanse Regstaatbetrokke, naamlik (1) die beperking van uitvoerrisiko’s deur middel van effektiewe versekering; (2) die sekurering van die betaling van die koopprys van uitvoergoedere en -produkte (albei binne die program handel en ontwikkeling); (3) die effek van sekwestrasie/likwidasie op eise vir omgewingsbenadeling; en (4) die effektiewe versekering van die aanspreeklikheid vir omgewingskade (albei binne die program omgewingsreg en ontwikkeling).

Anita Stander het tot dusver as studieleier vir een doktorsgraad- en 22 meestersgraadstudente opgetree. Tans gee sy studieleiding aan drie nagraadse studente. In 2002 het sy ? NRF-evaluering ontvang.

Die repudiëring van ’n erfenis deur die insolvente erfgenaam – ’n vervreemding of nie?

Leonie Stander, Juan Redman LitNet Akademies (Regte) 2014-02-11

Die doel van die ondersoek is om onlangse regspraak aan die hand van toepaslike beginsels van die erfreg en insolvensiereg, asook die standpunte van skrywers in hierdie verband, te bespreek en te ontleed.

Top