Lené Ilyna Graupner

Lené Ilyna Graupner is ’n professor aan die Skool vir Bedryfsielkunde en Menslike Hulpbronbestuur, Noordwes-Universiteit, Suid-Afrika. Sy het in 2007 haar PhD-graad in bedryfsielkunde aan die Noordwes-universiteit verwerf. Haar loopbaan het in die Suid-Afrikaanse Polisiediens (SAPD) begin waar sy verantwoordelik was vir die bestuur van die welstand van polisiepersoneel in die Noordwes-provinsie. Na 10 jaar in die SAPD het sy by die NWU aangesluit waar sy die afgelope 15 jaar bedryfsielkunde doseer het. Sy is die afgelope 4 jaar die adjunkdirekteur van die Skool vir Bedryfsielkunde en Menslike Hulpbronbestuur. Sy is ’n gegradeerde navorser met die hooffokus om bedryfsielkundiges toe te rus met die beradingsvaardighede wat hulle benodig om die mensekapitaalbehoeftes in Suid-Afrika onder die loep te neem. Sy is betrokke in die bedryf as mentor, berader en lewensafrigter. Sy is as sielkundige verbonde aan die Raad vir Gesondheidsberoepe van Suid-Afrika in die kategorie bedryfsielkunde. Sy is getroud met Deon en is gevestig in Pothefstroom.

Promoting career adjustment and wellbeing from a modern industrial psychology perspective

Lené Ilyna Graupner, Lize Kriek Academic research 2023-11-07

"As employees cope with career decisions amidst digital transformation, remote work shifts and changing skill requirements, industrial psychologists could utilise Savickas’s theory to offer guidance and direction."

Die bevordering van loopbaanaanpassing en welstand vanuit ’n moderne bedryfsielkundige perspektief

Lené Ilyna Graupner, Lize Kriek LitNet Akademies (Ekonomiese en Bestuurswetenskappe) 2023-11-07

"Bedryfsielkundiges moet oor die insig en vaardighede beskik om ’n kliënt se loopbaanuitdagings, wat deur globalisering en tegnologiese veranderinge beïnvloed word, te bestuur."

Top