Len Hansen

Len Hansen het in Kimberley matrikuleer voordat hy regte aan die Universiteit Stellenbosch studeer het. Nadat hy sy LLB verwerf het, was hy agt jaar in die sakewêreld voordat hy na Stellenbosch teruggekeer het om teologie te studeer. Hy het sy doktoraat in sistematiese teologie behaal. Sedert 2005 is hy betrokke by die Beyers Naudé Sentrum vir Publieke Teologie, waar hy as die sentrum se redakteur van publikasies optree. Een van die sy publikasies vir die Sentrum, Christians  in Public. Aims, Methodologies and Issues in Public Theology, is in 2009 aangewys as medewenner van die Andrew Murray/Desmond Tutu-prys vir teologiese literatuur. Nadat hy sy postdoktorale studies afgehandel het, is hy in 2010 in die Fakulteit Teologie aangestel met die oog op navorsingsontwikkeling, navorsingsteun aan nagraadse studente en redakteurspligte rakende publikasies voortspruitend uit die fakulteit.

Om te “preek met die pen” as vorm van die Kartuisertradisie van praedicare manibus (“preek met die hande”) in die lig van Gereformeerde wantroue jeens kontemplatiewe spiritualiteit

Len Hansen 2013-11-11 "Hierdie artikel neem as vertrekpunt die groeiende belangstelling in mistieke of kontemplatiewe spiritualiteit ten spyte van eeue van Gereformeerde wantroue jeens hierdie soort spiritualiteit."
Top