Lee-Ann Steenkamp

Ek is 'n navorsingsgenoot verbonde aan die Universiteit Stellenbosch se Besigheidskool (USB). My navorsing fokus op “groen belasting”, maw die neksus van belastingreg en omgewingsreg. Elke keer as beurtkrag dreig, is ek soveel te meer gemotiveerd om die regering te oortuig dat hulle in volhoubare energie moet belê. Aangesien ek 'n belastingpraktisyn is ('n meesterbelastingpraktisyn [SA]), ondersoek ek vir my doktorale verhandeling die gebruik van belastingaansporings om belegging in hernubare energiebronne te ontwikkel.

My navorsingsprofiel: www.researchgate.net/profile/Lee_Ann_Steenkamp

Einstein-kompetisie: Lee-Ann Steenkamp

Lee-Ann Steenkamp Einstein-kompetisie 2016-05-24

Lee-Ann is 'n navorsingsgenoot verbonde aan die Universiteit Stellenbosch se Besigheidskool. Haar navorsing fokus op “groen belasting”, maw die neksus van belastingreg en omgewingsreg. 

Top