Leané Meiring

Leané het haar voorgraadse studies in kommunikasiekunde aan die Noordwes-Universiteit voltooi, waarna sy 'n honneurs in joernalistiek aan die Universiteit Stellenbosch verwerf het en as joernalis by Beeld aangesluit het. Gedurende dié tyd het sy bewus geword van die kollektiewe trauma van Suid-Afrikaners en besluit om haar loopbaan te verander en haar passie vir mense se stories en die kunste te gebruik om 'n verskil te maak. Sy is sedert 2014 verbonde aan die Universiteit van die Witwatersrand (Wits) waar sy voltyds studeer. Ná die voltooiing van haar verhandeling sal sy een van die eerste gekwalifiseerde en geregistreerde dramaterapeute in die land wees. Haar navorsing handel spesifiek oor die gebruik van dramaterapie om die kollektiewe trauma en identiteitstrauma van Afrikaners te genees. Sy is ook 'n Mandela-Rhodes-beurshouer, en 'n deeltydse dosent in dramaterapie, en wanneer sy nie praktiseer nie, geniet sy dit om dramaklasse vir kinders aan te bied.

Einstein-kompetisie: Leané Meiring

Leané Meiring Einstein-kompetisie 2016-06-24

Ná die voltooiing van haar verhandeling aan die Universiteit van die Witwatersrand sal Leané een van die eerste geregistreerde dramaterapeute in die land wees.

Top