My naam is Lara. Ek is mal oor lees en sal enigiets verslind waarop ek my hande kan lê. My gunstelingsport is netbal, met tennis net ’n kortkop agter. Biologie is my gunstelingvak. Ek wil eendag Kilimanjaro klim en die wêreld vol reis.
Lara du Preez2012-10-04"Fantasieë. Wetenskaplikes het begin om dit in 2204 te ontwikkel, toe die aarde nie meer gered kón word nie. ’n Ontsnapping van die vuil wêreld. ’n Langer en gelukkiger lewe. Koop ’n droom."
Lara du Preez2012-09-27"'Dit het begin.' Dis eers toe Izak vra: 'Kama?' dat ek besef ek het hardop gepraat. Ek kyk op my horlosie. 22:30. Ek het ’n uur en ’n half."