Laetitia Fourie
Laetitia Fourie behaal haar LLB cum laude in 2006 aan die Universiteit van die Vrystaat. Dit word opgevolg met ‘n LLM-graad in handelsreg in 2007 aan dieselfde universiteit. Hierna dien sy as kandidaatprokureur by Naudés Prokureurs vir ‘n tydperk van twee jaar, waarna sy suksesvol as prokureur van die Vrystaatse hoë hof in 2010 toegelaat word. Sy praktiseer by Vermaak en Dennis Prokureurs en aanvaar ‘n betrekking as lektrise aan die Universiteit van die Vrystaat, waar sy in November 2010 by die Departement Handelsreg aansluit. Sy bied ‘n verskeidenheid vakke aan, insluitend handelsreg, handelsregtelike ooreenkomste, insolvensiereg en arbeidsreg. Weens haar voorliefde vir arbeidsreg is sy tans besig met doktorale navorsing op daardie gebied.