Kobus van Eeden

Kobus van Eden is ’n naaimasjientegnikus met ’n privaat werkswinkel wat die Goudveld bedien. Die 47-jarige skrywer het 11 voltooide novelles en vier kortverhale wat sy leserskring geniet. Hy woon in Ventersburg en publiseer sy e-boeke self. Kobus is ’n pryswenner en word deur die kampvegters vir Afrikaans, Grobler Prokureurs in Pretoria, as ’n fenomenale skrywer erken. Sy lesers wag in spanning dat Kobus deur die hoofstroom uitgewers ontdek word, en ook vir sy volgende vrystelling.

Glinster

Kobus van Eeden Fiksie 2018-01-10

"Dis ’n Saterdagoggend. Daar is niks om voor bang te wees nie. Dis nie asof die grassnyer sy pols helder oordag gaan afkap nie. Die masjien is mensgedrewe; dit kan nie vanself beweeg nie."

Top