Kevin Teise
Kevin Teise behaal sy voorgraadse kwalifikasies aan die Windhoekse Onderwyskollege en sy nagraadse kwalifikasies, insluitend ? PhD in onderwysbeleidstudie, aan die Universiteit van die Vrystaat. Hy begin sy loopbaan as onderwyser in Bloemfontein, waarna hy na Springfontein verhuis. Hy is dosent in die Fakulteit Opvoedkunde, Universiteit van die Vrystaat. Sy navorsingsveld is onderwys vir volhoubare ontwikkeling.