Kenneth Williams

Kenneth Williams is die streeksekretaris van die onderwysersunie Sadou, en hy skryf gedigte en kortverhale, veral oor mense in plakkerskampe. Hy is lid van die Moedertong-projek met twaalf skrywers wat elke maand bymekaarkom om oor hul skryfwerk te praat. Kenny is passievol oor Afrikaans. Hy was in 2021 ’n deelnemer aan LitNet en die Jakes Gerwel Stigting se Kommadagga-slypskool. Die kennis wat hy daar opgedoen het, sê hy, sal hom beslis laat aanhou skryf en stories vertel.

Kommadagga-kortverhaal: "Eendag is eendag"

Kenneth Williams Fiksie 2021-11-17

"Ek het my kombuisie en twee kamers uitgemeet met ’n stok en ge-imagine die furniture binne-in die vertrekke." – Lees Kenneth Williams se Kommadagga-kortverhaal.

Top