Keith Dietrich

Keith Dietrich behaal sy MA in beeldende kunste (cum laude) in 1983 en sy DLitt et Phil in kunsgeskiedenis in 1993, albei aan die Universiteit van Suid-Afrika (Unisa). Hy doseer tussen 2007 en 2013 aan die Universiteit van Pretoria, Unisa en die Universiteit Stellenbosch, waar hy hoof van die Departement Visuele Kunste was. Hy is professor en direkteur van die Sentrum vir Strokies-, Illustratiewe en Boekkuns aan die Universiteit Stellenbosch. Hy het vyf kunstenaarsboeke gepubliseer, was mederedigeerder van een boek en het tot drie ander boeke bygedra. Hy het 24 solo-/duo-uitstallings in Suid-Afrika gehou en sy werk is in 37 korporatiewe en openbare versamelings in Suid-Afrika, die VSA, Duitsland en die VK verteenwoordig. Hy het aan meer as 30 gemeenskapsinteraksieprojekte in Suider-Afrika deelgeneem en het 13 tentoonstellings saamgestel. Hy het aan meer as 60 groepsuitstallings en biënnale in België, Botswana, Chili, Egipte, Duitsland, Italië, Namibië, Nederland, Suid-Afrika, Spanje, Swede, Switserland, die VK en die VSA deelgeneem. Hy het 27 toekennings en beurse in Suid-Afrika en in die buiteland vir beide sy kreatiewe en sy akademiese werk ontvang.

Remembering a magician: A tribute to the memory of Judith Mason

Keith Dietrich In memoriam 2017-01-16

"Judith Mason was without any doubt a maestro. Her paintings are meticulously crafted."

Pretorius v Dietrich 1872: Klinkende munt of papiergeld?

Liezl Wildenboer, Keith Dietrich LitNet Akademies (Regte) 2015-01-28

Hierdie bydrae gee ’n rare blik op ’n regsdispuut oor die vereiste betaalmiddel wat uit die vroeë 1870’s dateer.

Top