Katie Müller is ’n wiskunde-onderwyser in Mosselbaai wat reeds 19 jaar in hoërskole en 14 jaar in laerskole werksaam is. Sy het ’n passie vir die onderwys en het in 2011 die graad MEd in onderwysbestuur aan die Universiteit van Suid-Afrika behaal. Sy het haar BA met wiskunde en aardrykskunde as hoofvakke en die graad HonsBEd vroeër aan die Universiteit Stellenbosch verwerf. Sy is ook ’n professionele tennisafrigter wat by SATA (South African Tennis Association) geregistreer is. Sy is reeds jare lank die voorsitter van SWD-skoletennis.