Karlien Conradie

Karlien Conradie is ’n geregistreerde opvoedkundige sielkundige wat haar meestal toespits op leer- en ontwikkelingskwessies uniek aan die leefwêreld van studente. Karlien het haar MEd Psig-kwalifikasie in 2010 voltooi met ’n verhandeling getiteld “Die selfkonsep van studente wat hakkel”. Sy werk hoofsaaklik vanuit ’n fenomenologiese en sistemiese perspektief. Hierdie tipe denkwyse poog om binne die raamwerk van eiesoortige belewenisse die delikate wisselwerking tussen ’n verskeidenheid faktore te erken en te verstaan. Weerloosheid, stigmatisering, menslike smart en die liggaam-psige-verbintenis is begrippe binne die sielkunde vakgebied wat haar veral interesseer. Karlien hoop om nog vele akademiese bydraes te lewer ter bevordering van die rykheid van die beroep.

Teoretisering van die selfkonsep van studente wat hakkel

Karlien Conradie, Estelle Swart 2013-08-26 "Hierdie artikel rapporteer die bevindinge van ’n kwalitatiewe studie wat ten doel gehad het om ondersoek in te stel na die selfkonsep van studente tussen die ouderdom van 18 en 22 jaar wat hakkel."
Top