Karel Kopbeen
Karel Kopbeen, of David Steyn, is ‘n digter, musikant en skrywer. Hy is gebore en woonagtig in Pretoria. Hy studeer huidiglik Taal en Literatuur (Skeppende Skryfwerk) aan die Universiteit van Suid-Afrika. Hy het reeds verskeie vermaaklikheidsartikels vir publikasies soos die Perdeby studentekoerant, SAMusic en Jip geskryf. Hy is organiseerder van die Pretoria Dowe Digters. Sy onafhanklike debuutbundel, Bloeddig, het in 2012 verskyn.
