Judith de Villiers sê sy is trots op die feit dat sy op 25-jarige ouderdom die lewe al aan haar vingerpunte gevoel het. Sy het grootgeword op Grahamstad, geswot op Stellenbosch, aanvanklik as bestuursrekenmeester, maar uiteindelik in die onderwys beland. Vir die afgelope twee jaar is sy 'n wiskunde-onderwyser in Cambridge, VK. “My hart lê in Suider-Afrika en ek wil eendag terugkom om te werk en te settle in die Transkei, kinders hê en 'n deli met baie boeke en goeie kos. Ek wil ook honde aanhou, maar steeds aanhou reis."
Opgedateer/Updated: 2007-03-28
Bio-inligting verouderd? Stuur 'n e-pos aan bio@litnet.co.za
Bio info dated? Send an e-mail to bio@litnet.co.za