Ju-Mari du Plessis

Ju-Mari du Plessis voltooi haar skoolloopbaan aan die Hoërskool Charlie Hofmeyr in die Ceresvallei. Saam met die stilte in die appel- en peerboorde groei ’n liefde vir woorde en die werking van taal. ’n BA-graad in taal en kultuur aan die Universiteit Stellenbosch was ’n logiese keuse. In 2015–2016 is sy ’n taalverwerwingstutor vir tweedetaal- en vreemdetaalstudente in die Departement Afrikaans en Nederlands aan daardie universiteit. In 2016 slaag sy haar Nagraadse Onderwysdiploma met lof en sluit voltyds as Afrikaansonderwyser by die Hoërskool Melkbosstrand aan. Sy is ook die redakteur van die skool se aanlyn koerant, Die Melkie. Sy bevind haar tans langs die Weskus, waar sy saam met haar kêrel en hul lemoenboom, Leo, in Bloubergstrand woon terwyl haar pendelreis met die aansig van Tafelberg begin en eindig.

Prettige maniere om Afrikaans te leer praat

Estelle Kruger, Elbie Adendorff, Arné Binneman, Ju-Mari du Plessis Onderhoude 2017-12-22

"Ek het opnuut my liefde vir Afrikaans ontdek. Die studente se opgewondenheid en positiewe reaksies wys daarop dat Afrikaans ’n lekker leef- en lagtaal is."

The use of subtitles in the teaching and learning of Afrikaans vocabulary and comprehension

Elbie Adendorff, Arné Binneman, Ju-Mari du Plessis Academic research 2017-12-14

"Given the emphasis on using multimodal teaching for both language teaching and learning, subtitles can be a highly beneficial component of foreign language learning."

Die gebruik van onderskrifte in die onderrig en leer van Afrikaanse woordeskat en begrip

Elbie Adendorff, Arné Binneman, Ju-Mari du Plessis LitNet Akademies (Opvoedkunde) 2017-12-14

"Films verskaf voorbeelde van hoe taal buite die klaskamer gebruik word – veral interaktiewe taalgebruik en dialoog. Dit stel taalaanleerders aan natuurlike uitdrukkings en spraakpatrone voor, asook aan gepaste gesigsuitdrukkings en gebare vir spesifieke situasies."

Top