Joyce West

Joyce West is ’n senior dosent aan die Universiteit van Pretoria in die Department van Vroeë Kinderontwikkeling. In 2016 het sy as ’n Fulbright-beurshouer in Amerika taalonderrig modules gedoseer. Tans koördineer sy die Grondslagfase-taalmodules sowel as die kontak- en afstandsleer-honneursprogram by die Universiteit van Pretoria.

Sy het haar doktorsgraad in 2020 verwerf onder begeleiding van professor Rinelle Evans. Joyce het al verskeie artikels in nasionale en internasionale joernale gepubliseer. Sy dien ook as studieleier vir nagraadse studente.

Joyce se navorsingsveld is taalonderrig met ’n spesifieke fokus op leesvaardighede en leesassessering. Haar navorsing is ook gerig op die opleiding van onderwysers en die integrasie van tegnologie tydens taalonderrig. Sy is passievol oor toegepaste linguistiek en gemengde-metode-navorsing.

Vir meer inligting, kyk gerus na haar ORCID ID en Google Scholar-profiel. Joyce het ook haar eie webtuiste wat besoek kan word. Hier onder volg die skakels:

ORCID ID: https://orcid.org/0000-0003-3916-9754
Google Scholar ID: https://scholar.google.com/citations?user=723Dg3sAAAAJ&hl=en
Webtuiste – All about reading: https://sites.google.com/view/all-about-reading-joycewest/everything-reading

Running Records (RR) as ’n leesassesseringstrategie om leesonderrig in Suid-Afrikaanse grondslagfaseklaskamers te ondersteun

Lynette van Tonder, Joyce West, Melanie Moen LitNet Akademies (Opvoedkunde) 2022-12-09

"Die RR-leesassesseringstrategie het die potensiaal om leerders se leesgedrag te identifiseer sodat onderwysers die uitkoms van RR-aantekeninge kan gebruik om hul leesonderrig te lei. Die strategie is geldig, betroubaar en bestendig in die identifisering van leesgedrag en leesfoute."

Running Records as a reading assessment strategy to support reading instruction in South African Foundation Phase classrooms

Lynette van Tonder, Joyce West, Melanie Moen Academic research 2022-12-09

"RR was found to provide reliable, valid and consistent information to use for reading instruction if implemented correctly and consistently."

Top