Johann Visagie

Johann Visagie het Grieks, Hebreeus, Latyn, Sielkunde en Filosofie aan die Universiteit van die Vrystaat (UV) studeer, en later sy teologiese studie aan die Universiteit van Stellenbosch voltooi. Sedert 1987 doseer hy in die Departement Filosofie, UV, waar hy 'n geruime tyd departementshoof is. Sy aanvanklike belangstelling in eksistensialisme brei uit tot ‘n lewenslange fassinasie met ‘n uiteenlopende "heldegalery" van denkers soos Dooyeweerd, Chomsky, Derrida, Foucault en Habermas, terwyl sy persoonlike projek fokus op die ontwikkeling van ‘n omvattende kritiese-diskoers-argeologie. Die meeste van sy publikasies ondersoek aspekte van die konseptuele argitektuur van hierdie model en van die subteorieë wat daarby inskakel. Hy is studieleier en promotor vir talle nagraadse studieprojekte, wat meer onlangs ‘n wye interdissiplinêre belang verteenwoordig.

Opgedateer/Updated: 2009-07-01
Bio-inligting verouderd? Stuur 'n e-pos aan bio@litnet.co.za 
Bio-info dated? Send an e-mail to bio@litnet.co.za

De la Rey, De la Rey, sal jy die Boere kom lei?

Lizabé Lambrechts, Johann Visagie LitNet Akademies (Geesteswetenskappe) 2009-07-02

"Ideologies-kritiese analise van die oorvloedige polemiese literatuur rondom 'De la Rey' toon dat die liedjie beskou kan word as ’n ideologies eensydige uitbeelding van Afrikaner-identiteit."

Top