Johann Kruger
Johann Kruger, gebore op 19 Augustus 1958 in Rustenburg, is die afgelope 25 jaar ? praktiserende apteker in sowel gemeenskaps- as groothandel-aptekerswese, met blootstelling aan die akademie deur as ? gasdosent in die Universiteit van Pretoria se Fakulteit Basiese Mediese Wetenskappe op te tree. Hy is sedert 1990 betrokke by die aptekerspolitiek en is tans president van die Suid-Afrikaanse Aptekersvereniging. Hy het al as spreker by verskeie nasionale en internasionale kongresse opgetree en het verskeie publikasies agter sy naam. Hy het ? meestersgraad in gemeenskapsfarmasie aan die destydse Potchefstroomse Universiteit vir Christelike Hoër Onderwys (nou Noordwes-Universiteit) verwerf, ? doktorale kwalifikasie in farmakologie aan die Universiteit van Pretoria, waarvoor hy akademiese erekleure verwerf het, asook ? meestersgraad in filosofie aan Noordwes-Universiteit. Hy het ? passie vir die aptekersweseberoep en glo in die positiewe bydrae wat hy daardeur tot die samelewing maak.