Wyngaard Weekliks: Noudat bek-en-klouseer beter gehanteer word, wag varkpes en ander krisisse om die draai.
2026-08-11Terwyl die fokus in landboukringe nog stewig op die bek-en-klouseer-krisis in Suid-Afrika is, maan die landbou-ekonoom Johann Kirsten dat die volgende krisisse – waaronder varkpes – reeds met ons is. Hy praat met Heindrich Wyngaard na aanleiding van sy onlangse meningsartikel oor bek-en-klouseer en verwante sake.
