Johan Viljoen

Johan is ’n PhD-student by die Universiteit Stellenbosch wat navorsing doen op die gebied van mariene biogeochemie deel van die TracEx-navorsingsgroep in die Departement Aardwetenskappe. Hy het grootgeword in die klein Bolandse dorpie Wolseley en het in 2010 aan Hoërskool Charlie Hofmeyr, Ceres matrikuleer. In 2015 voltooi hy sy BSc-graad in aardwetenskappe, met geologie en omgewingsgeochemie as hoofvakke, aan die Universiteit Stellenbosch. Hy studeer verder nagraads en verwerf in 2016 ’n honneursgraad in aardwetenskappe en omgewingsgeochemie, waarna hy in 2018 sy MSc-graad met lof verwerf het met ’n fokus op mariene biochemie.

Tydens sy nagraadse studie was hy al drie keer op navorsingsvaarte na Antartika om die Suidelike Oseaan te bestudeer. Hy is tans ook die medevoorsitter van Suid-Afrikaanse Vereniging van Polêre/Antarktiese Vroeëloopbaanwetenskaplikes (APECS-SA).

In sy vrye kyk hy graag natuurdokumentêre. Hy hou ook van stap en om die wêreld saam met sy vrou te verken.

Nagraadse studente trotseer die Suidelike Oseaan vir navorsing oor klimaatsverandering

Marli van Eeden, Johan Viljoen Onderhoude 2019-09-19

Nagraadse studente van onder andere die Universiteit Stellenbosch (US) het onlangs aan boord van die SA Agulhas II hul wintervaartekspedisie voltooi. Hulle navorsing gaan oor onder meer die mensgemaakte impakte op die oseaan met betrekking tot klimaatsverandering. Johan Viljoen, ’n PhD-student in mariene biogeochemie aan die US wat die vaart meegemaak het, vertel vir Marli van Eeden meer oor die navorsing.

Top