Johan Lötz

 

Johan Lötz is ‘n professor in die Departement Handelsreg, Universiteit van Pretoria. Hy verwerf die grade Bluris, LLB, LLD aan die Universiteit van Pretoria en LLM aan die Universiteit van die Witwatersrand. Hy was vanaf 1972 tot 1982 in diens van die Departement van Justisie, as klerk van die hof, staatsaanklaer, landdros en staatsregsadviseur. Nadat hy sy klerkskap gedurende 1983–1984 voltooi het, is hy in 1985 as prokureur en aktevervaardiger toegelaat en praktiseer tot op hede as sodanig. Op 1 Januarie 1987 word hy as senior lektor in die Departement Handelsreg, Universiteit van Pretoria aangestel en word tot medeprofessor (1995) en professor (1997) bevorder. Hy doseer hoofsaaklik besondere kontrakte en is die skrywer van ongeveer 50 geakkrediteerde artikels, aantekeninge en vonnisbesprekings. Hy is ook die medeskrywer van agt handboeke.

Vonnisbespreking: Hoe om ’n komparant se brouwerk reg te maak

Johan Lötz 2013-10-01 In hierdie vonnisbespreking word die verskeie moontlikhede om ’n komparant (aktevervaardiger) of aktekantoor se registrasiefoute reg te stel, onder die loep geneem.

Vonnisbespreking: Beskrywing van geskenkte onroerende goed wat met ’n verband beswaar is

Johan Lötz, Chris Nagel 2012-06-07 Hierdie vonnisbespreking handel oor die vraag of die feit dat onroerende goed wat geskenk word met ’n verband beswaar is, ’n wesenlike beding is wat in die skenkingskontrak vervat moet word ten einde aan die geldigheidsvereistes van artikel 5 van die Algemene Regswysigingswet 50 van 1956 en artikel 2(1) van die Wet op Vervreemding 68 van 1981 te voldoen.
Top