Jennobia Kock

Jennobia Kock is ’n geregistreerde opvoedkundige sielkundige wat as lid van ’n multidissiplinêre terapeutiese span aan die Wes-Kaap Onderwysdepartement verbonde is. Haar werksaamhede sluit die volgende in: ontwikkeling van opvoedkundige stimulasieprogramme vir kinders met beperkte tot ernstige gestremdhede (fisiek en intellektueel), aanbied van werkswinkels, opstel van individuele ondersteuningsplanne en die ontwikkeling van hulpbronne vir spesialesorgsentrums. Sy het ’n BA-graad in maatskaplike werk en ’n nagraadse onderwyssertifikaat aan die Universiteit Stellenbosch verwerf en ’n meestersgraad in voorligting deeltyds aan die Universiteit van Suid-Afrika behaal. Haar onderwysloopbaan begin by Groenberg Sekondêre Skool in die Wes-Kaap, waar sy lewensoriёntering vir leerders in graad 8 tot 12 onderrig het. Jennobia se passies is gemeenskapsielkunde, die bemagtiging van kinders en vroue, kinder- en jeugontwikkeling, asook aksienavorsing en terapie.

Experience of a few adolescent boys regarding the death of a parent and the consequent support to them

Jennobia Kock, Ansie Lessing Academic research 2016-08-02

"The boys indicated that the death of their mothers had a life-changing effect on them."

Enkele adolessente seuns se belewing van die dood van ’n ouer en die ondersteuning aan hulle

Jennobia Kock, Ansie Lessing LitNet Akademies (Opvoedkunde) 2016-08-02

"As daar nie aandag gegee word aan die adolessent se rouproses nie, kan dit lei tot skeidingspanning sowel as emosionele en gedragsprobleme."

Top