Jenette du Plooy

Jenette du Plooy se akademiese reis het begin met die ideaal om onderwyser te word, maar haar groeiende passie vir navorsing het haar gemotiveer om onmiddellik ná die voltooiing van haar graad verdere studie te onderneem. Sy het haar meestersgraad met lof behaal, met ’n fokus op die verband tussen kuberafknouery en wiskundeprestasie onder Suid-Afrikaanse leerders. Gedryf deur persoonlike ervarings het haar doktorale navorsing akademiese veerkragtigheid ondersoek, met spesifieke aandag aan die uitdagings wat Suid-Afrikaanse studente in hoër onderwys tydens krisistye in die gesig staar. In erkenning van haar werk het sy in 2023 die toekenning ontvang vir “Beste PhD-uittreksel” met die “mees innoverende metodologie” by die Fakulteit Opvoedkunde, Universiteit van Pretoria. Tans dien sy as lektorassistent en studieleier aan die Universiteit van Pretoria, terwyl sy ook as eksterne navorser en nasiener by verskeie hoëronderwysinstellings werk.

The development of an academic resilience scale (ARS): a perfect fit for the South African context

Marien Alet Graham, Karen Roux, Jenette du Plooy Academic research 2025-07-03

"The importance of having resilient education students cannot be overstated, as South Africa is currently facing a significant shortage of teachers – a situation that is worsening according to recent statistics. It has been reported that the demand for qualified educators is increasing due to population growth and the retirement of existing teachers."

Die ontwikkeling van ’n akademieseveerkragtigheidskaal (AVS): nommerpas vir die Suid-Afrikaanse konteks

Marien Alet Graham, Karen Roux, Jenette du Plooy LitNet Akademies (Opvoedkunde) 2025-07-03

"Hierdie artikel rapporteer oor die kwantitatiewe aspek van ’n groter gemengdemetodestudie, met die fokus op die antwoorde van studente met Afrikaans as huistaal. Die doel van die breër gemengdemetodestudie was om ’n betroubare en geldige akademieseveerkragtigheidskaal (AVS) vir die Suid-Afrikaanse konteks te ontwikkel."

Top