J.C. Sonnekus

J.C. Sonnekus is sedert 1973 ’n toegelate advokaat van die hooggeregshof van Suid-Afrika. Hy is hoogleraar in privaatreg aan die Universiteit van Johannesburg, voorheen die Randse Afrikaanse Universiteit waar hy na verwerwing van sy doktorsgraad aan die Rijks Universiteit te Leiden (Nederland) in Januarie 1976 aangestel is.

Hy is outeur van meer as 390 publikasies in erkende internasionale en nasionale regstydskrifte, en 19 handboeke waaronder Die Leerstuk van Estoppel in die Suid-Afrikaanse Reg; Ongegronde Verryking in die Suid-Afrikaanse Reg; en Beginsels van Saaklike- en Persoonlike Sekerheidsregte in die Suid-Afrikaanse Reg geskryf saam met E.C. Schlemmer. Hy is sedert 1976 verbonde aan die redaksie van Tydskrif vir die Suid-Afrikaanse Reg (TSAR) en enkele ander nasionale en internasionale regstydskrifte waaronder die Tydskrif vir Hedendaagse Romeins-Hollandse Reg (THRHR) en Tijdschrift voor Privatrecht (TPR).

Hy ontvang in 2002 die Toon van den Heever-prys vir Regswetenskap van die Suid-Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns in erkenning vir volgehoue bydrae tot regswetenskaplike navorsing en -publikasies. In 2020 ontvang hy die SA Akademie se Jan S Marais-prys in erkenning vir lewenslange uitstaande akademiese navorsing as juris en vir die bevordering van Afrikaans as Wetenskapstaal.

Vonnisbespreking: Retensieregte is nie sedeerbaar nie

J.C. Sonnekus, E.C. Schlemmer LitNet Akademies (Regte) 2026-03-02

"Slegs die oorspronklike retentor wat regmatig besit verkry het, kan dit teen sy skuldenaar ten aansien van ’n saak van laasgenoemde uitoefen; sodra beheer oor die saak prysgegee word, verval die bevoegdheid om die saak teen die wil van die eienaar terug te hou."

Top