Avatar

Jason Matthews

Jason Matthews is in Roodepoort, Gauteng, gebore. Hy verhuis later na Somerset-Wes in die Wes-Kaap waar hy in 2005 aan die Hoërskool Parel Vallei matrikuleer. In 2008 behaal hy die graad BCom (Wiskundige Wetenskappe) cum laude en volg dit in 2009 op met ’n Hons BCom (Operasionele Navorsing), ook cum laude. In 2011 behaal hy die graad MSc (Operasionele Navorsing) cum laude. Al hierdie kwalifikasies word aan die Universiteit Stellenbosch behaal. Hy is tans besig om sy PhD by dieselfde universiteit te voltooi terwyl hy deeltyds as ’n senior analis by XTranda werk. Sy akademiese werk fokus op kombinatoriese optimering en toepassings in distribusiesentra en voorsieningskettings.

Aanpassing van grootte-mengsels tydens voorraadtoewysing in ’n kettingwinkel

Elmien Thom, Jason Matthews, SE Visagie LitNet Akademies (Natuurwetenskappe) 2014-12-03

Hierdie artikel beskou 'n gevallestudie van die probleem van voorraadtoewysing aan Pep Stores Bpk. (PEP), een van die vernaamste kleinhandelaars in Suid-Afrika.

Top