Jan Venter

Jan Venter is ’n senior forensiese ouditeur by die Departement Interne Oudit by AngloGold Ashanti Bpk. Hy was vyf jaar lank verbonde aan die Suid-Afrikaanse Polisiediens (SAPD) as ’n konstabel by die Misdaadvoorkomingseenheid in Orkney. Gedurende hierdie tyd het hy ervaring opgedoen in die opsporing van verdagtes, die hantering van geweldsmisdaadtonele en die ondersoek van misdaad. Voordat Jan ontslag uit die SAPD geneem het, het hy verskeie toekennings by die kommissaris van die Orkney-polisiestasie ontvang, insluitende Polisieman van die Jaar, asook SAPD-lid wat die meeste arrestasies vir drie agtereenvolgende jaar gemaak het.

Jan werk sedert 2006 by AngloGold Ashanti Bpk, waar hy aanvanklik vir die beskerming van hulle bates en die ondersoek van gouddiefstal verantwoordelik was. Vir ’n tydperk van drie jaar was hy ook lid van die Nasionale Ondersoektaakspan (NITT) wat verantwoordelik was vir die ondersoek en geheime insamel van inligting ten opsigte van sindikate wat nasionaal en internasionaal onwettig met goud gesmokkel het.

In 2009 word Jan as ’n ondersoekbeampte by AngloGold Ashanti se Witboordjie- misdaadondersoekeenheid aangestel. Gedurende dié tyd ondersoek hy voorvalle van ongerymdhede, oortredings, wangedrag en misdaad, wat bedrog en korrupsie ingesluit het.

Sedert 2011 ondersoek hy op nasionale sowel as internasionale vlak korrupsie en bedrog, en fokus hy veral op bewerings van aankoopbedrog, veral in lande waar AngloGold Ashanti werksaam is, soos Tanzanië, Mali, Ghana en Guinee.

Jan het die volgende kwalifikasies verwerf: ’n Diploma in Kriminele Reg en Forensiese Ondersoek (Universiteit van Johannesburg), ’n Nasionale Diploma in Polisieadministrasie, ’n BTech in Forensiese Ondersoek en ’n MTech in Forensiese Ondersoek (Universiteit van Suid-Afrika).

Appraising internal controls, the gatekeeper that prevents fraud during the tender stage of procurement cycles

Jan Venter, Hennie Lochner, Juanida S. Horne Academic research 2020-03-24

"This article is intended to demonstrate that fraud is committed in the procurement cycle when internal controls are sidestepped or when the internal control system in an organisation is ineffective."

’n Taksering van interne kontroles, die hekwag wat bedrog in die tenderstadium van aankoopsiklusse voorkom

Jan Venter, Hennie Lochner, Juanida S. Horne LitNet Akademies (Ekonomiese en Bestuurswetenskappe) 2020-03-24

"Die oogmerk van hierdie artikel is om aan te toon dat bedrog in die aankoopsiklus gepleeg word wanneer interne kontroles gesystap word of die internekontrolestelsel van ’n organisasie ondoeltreffend is."

Top