Albert Short

Albert is 'n rekenaarprogrammeerder en skrywer van liedjies en kortverhale. Twee van sy stories is in 2009 op RSG voorgelees (Grondpad en Die Doodskis), waarna die skrywersgogga hom behoorlik gebyt het. Hy het sederdien aanhou skryf, meesal oor spoke en ander onheile wat in die donker skuil, want "'n storie met spoke is soos om jou kos met chillies te eet". Sy liedjies is al tydens vertonings gebruik ("Amper" en "Buite lê die Nag") en op die radio gehoor. Albert is gebore in Pretoria in 1973, het in sy jongmensdae in die buiteland gaan werk en 'n graad in Sielkunde voltooi met Kriminologie as hoofvak. Hy woon en werk tans in Johannesburg.

Terwyl die skemer daal

Albert Short Fiksie 2016-01-12

"En dan draai een van die lampe af sonder dat iemand daaraan vat, en die susters kyk verstyf daarna, ongekoude kos wat lank in hulle monde bly lê."

Top