Jacob P.J. de Bruyn

Jacob de Bruyn is ’n onafhanklike navorser. Hy is tans afgetree, maar het voorheen vir die SAUK in Johannesburg in ’n permanente hoedanigheid gewerk, onder meer as produksie-organiseerder en regisseur van TV-godsdiensprogramme, en later as ’n vryskutregisseur. Hy is in 2004 weer by die SAUK aangestel, hierdie keer as ’n opdragredakteur by TV Godsdiens, ’n pos wat hy tot sy aftrede in 2016 beklee het. Terwyl in diens van die SAUK, behaal hy die grade BTh, BTh Hons, MTh en DTh aan Unisa. Sy belangstellingsvelde is die interaksie tussen die Christelike geloof en populêre kultuur, veral soos dit tot uitdrukking kom in musiek, komedie, internetgebaseerde video’s, en politieke spotprente.

A theological perspective on the approach and contribution to the church’s witness in the songs of the music group Prophet

Jacob P.J. de Bruyn Academic research 2025-07-03

"This study comprises a theological evaluation of Prophet’s approach and contributions to the witness of the church through a qualitative descriptive analysis of a selection of songs released by the group between 1993 and 2021."

’n Teologiese perspektief op die benadering en bydrae tot die kerk se getuienis in die liedjies van die musiekgroep Prophet

Jacob P.J. de Bruyn LitNet Akademies (Godsdienswetenskappe) 2025-07-03

"Die navorsingsdoelwit is die evaluering van Prophet se rol in en benadering in verhouding tot die kerk se getuienisroeping binne die konteks van God se regering (koninkryk). Dit behels ’n kwalitatiewe beskrywende ontleding van lirieke, met verwysings na toepaslike kontekste van ’n aantal uitgesoekte liedjies wat die groep oor ’n tydperk van 28 jaar vrygestel het."

Top