Jaco Minnaar

Jacobus (Jaco) Johannes Minnaar is op 2 September 1976 in Virginia, Vrystaat gebore. Hy het op die plaas Botesrust, distrik Hennenman grootgeword, en bly steeds daar. 

Hy is die vierde-generasie-boer op die familieplaas Uitsny, distrik Hennenman, ’n sesde-generasie-boer in die Kroonstad-omgewing en die 11de-generasie-Minnaar wat in boerdery in Suid-Afrika staan.

Jaco boer met mielies, sojabone, droëbone, sonneblom, vee en wild in die Hennenman- en Bothaville-distrikte.

Kwalifikasies:

Matrikuleer in 1994 aan Hoërskool Hennenman.

Behaal in 1998 ’n graad in BIng Landbou aan die Universiteit van Pretoria.

Ondervinding:

Begin boer sedert sy geboorte, maar neem volle verantwoordelikheid vir die boerdery in September 1999, na die afsterwe van sy pa.

Word in 2002 verkies as die sekretaris van die Hennenman Boerevereniging, en dien van 2003 tot 2005 as voorsitter van die vereniging.

In 2005 verkies tot Vrystaat Landbou se uitvoerende bestuur, waar hy gedien het tot in 2011. Dien onder andere op die volgende komitees, en as voorsitter van verskeie: Dagbestuur, Landelike veiligheid, Boerderybestuur, Natuurlike hulpbronne, Landelike en plaaslike regering, Finansiële komitee (Ouditkomitee) en Korporatiewe beeld en tegnologie. 

Hy word in 2009 verkies tot die hoofbestuur van GraanSA, waar hy dien tot in 2020 en afsluit as voorsitter van GraanSA. Dien daar in verskeie werkgroepe en komitees, onder andere Produksie/Inset-werkgroep, Sojaboon-werkgroep, Mielie-werkgroep, Bemarkingswerkgroep, Ouditkomitee, Vergoedingskomitee en -dagbestuur.

Word in 2016 verkies as voorsitter van GraanSA. In hierdie tydperk dien hy op verskeie industrieliggame namens produsente, onder andere Kommersiële Mielieprodusentetrust (KMPT), Olie- en proteïensade-ontwikkelingstrust (OPOT) en Suid-Afrikaanse Graaninformasiediens (SAGIS).

In 2011 word hy verkies as direkteur van Senwes en SenwesBel, waar hy tans nog dien.

Lid van Vergoeding- en Risiko-komitees.

Sedert 2009 lid van verskeie Agri SA-beleidskomitees, onder andere Ekonomie en Handel- en Grondbeleid-komitees, of soos dit tans bekend staan, Sentrums van Uitnemendheid. 

Sedert 2014 lid van die Algemene Raad, en word in 2017 verkies tot Agri SA se direksie. 

Dien ook op verskeie raadskomitees, soos die Vergoedingskomitee en Oudit- en Risiko-komitee.

Hy is in 2020 verkies as visepresident van Agri SA en word by Agri SA 2021 se kongres as president verkies.

Reguit met Robinson: ’n Zoom-gesprek met Jaco Minnaar

Freek Robinson, Jaco Minnaar Onderhoude 2021-10-21

Die toekoms van landbou: Die pas verkose president van Agri SA, Jaco Minnaar, vertel vir Freek Robinson oor die enigste twee opsies.

Top