Jaco Kruger

Jaco Kruger bestudeer sedert 1983 ouer vorme van Venda-musiek. Hy het in 1985 onder leiding van Deirdre Hansen (UK) ’n meestersverhandeling oor Venda-musiekboë en die mbila-xilofoon voltooi, en in 1993 ’n doktorale proefskrif oor Venda-kitaarmusiek onder leiding van Andrew Tracey (Rhodes-universiteit).

In 1986 sluit hy as dosent by die Universiteit van Venda aan. Hy doseer sedert 1995 musiekwetenskap in die Skool vir Musiek by die Noordwes-Universiteit (Potchefstroom). Sy essays oor Venda-musiek en orale literatuur verskyn in die Journal of Ethnomusicology, die Journal of African Music, die South African Journal of Musicology, die British Journal of Ethnomusicology, die Journal for Transdisciplinary Research in Southern Africa, die Journal of the Musical Arts in Africa, Musicus, Literator en die New Grove Dictionary of Music and Musicians.

Jaco fokus die afgelope dekade op die bewaring en dokumentering van orale Venda-ngano-verhale en hy is die redakteur van drie bundels (met die vierde in die pyplyn): Venda lashu: Tshivenda songs, song stories and musical games (2004), The flamboyant rooster and other Tshivenda song stories (saam met Ina le Roux, 2007) en The girls in the baobab: Venda stories from the Limpopo Valley (2013/14).

 

“Akkedisdis eet die visvis”: Oral narrative and personal transformation in the Karoo – a case study

Jaco Kruger Academic research 2015-12-07

"The nature of De Wee’s oral expression is rooted in her outstanding innate capacity for creative oral expression, her energetic and inquisitive personality, and her rural upbringing."

“Akkedisdis eet die visvis”: Orale narratief en persoonlike transformasie in die Karoo – ’n gevallestudie

Jaco Kruger LitNet Akademies (Geesteswetenskappe) 2015-12-07

"De Wee se narratief verwoord haar pogings om haarself en haar sosiale omgewing te transformeer deur die beklemtoning van sekere persoonlike en sosiale kwessies, veral haar stryd met epilepsie en ongeletterdheid, asook die dinamika van politiek, klas, gender en ouderdom."

Top