Jac Conradie

Jac Conradie is begin 1975 as lektor in die Departement Afrikaans en Nederlands aan die Randse Afrikaanse Universiteit aangestel met Taalgeskiedenis en Sintaksis as vernaamste leeropdragte. Op honneursvlak bied hy van tyd tot tyd Taalgeskiedenis, Oudnoors, Goties, Middelnederlands, Nederlandse literatuur tot 1900, Sintaksis en Taalversorging aan. Hy word in 1980 tot senior lektor, in 1988 tot medeprofessor en in 2002 tot professor bevorder. Conradie het einde 2009 afgetree, maar is steeds werksaam as navorser en deeltyds by onderrig en studieleiding betrokke.

ATR-komvandaan-seminaar 2019: Afrikaans, Nederlands en die Morawiese Kerk

Jac Conradie Die Afrikaanse Taalraad-portaal 2019-11-13

"’n Groot taalbelewenis: om tienduisende kilometers van jou huis, op ’n ander kontinent, diep in die Amasonebos, met iemand te kan kommunikeer in ’n sustertaal van Afrikaans."

Die storie van Afrikaans – uit Europa en van Afrika, Deel 1 deur WAM Carstens en EH Raidt

Jac Conradie Resensies 2018-04-12

"Die omvang van die boek maak dit ’n nuttige naslaanwerk, nie net wat Afrikaans betref nie, maar ook vir die Germanistiek as sodanig."

Top