Isabella Venter gradueer in 1972 met ’n BSc aan die Universiteit Stellenbosch en begin in 1979 haar loopbaan as tegniese assistent by die WNNR. Sy behaal in 1979 haar honneurs in rekenaarwetenskap aan UNISA, gevolg deur ’n MSc in 1982. As lektrise werk sy by die Universiteit van Stellenbosch se Saldanha-kampus. Sy tree op as konsultant by INFOPLAN terwyl sy rekenaargeletterdheidskursusse by die Universiteit van Stellenbosch se Besigheidskool in Bellville aanbied. In 1988 begin haar loopbaan by die Universiteit van Wes-Kaapland as lektrise in rekenaarwetenskap. Sy behaal in 2000 ’n PhD in Informasietegnologie aan die Universiteit van Pretoria. In 2005 word sy bevorder tot medeprofessor en word ook dieselfde jaar verkies tot voorsitter van die Departement Rekenaarswetenskap. Haar navorsingsvelde is opvoedkundige rekenaarwetenskap, mens-rekenaar-interaksie en rekenaarargitektuur.
Opgedateer/Updated: 2011-07-18
Bio-inligting verouderd? Stuur 'n e-pos aan bio@litnet.co.za
Bio-info dated? Send an e-mail to bio@litnet.co.za