Isabella Geldenhuys

Isabella Geldenhuys is in die Noord-Kaapse dorp Upington gebore. Sy voltooi haar skoolloopbaan aan die Hoërskool Diamantveld in Kimberley. Daarna verwerf sy haar BEd-graad aan die Kaapse Skiereiland Universiteit van Tegnologie in Wellington terwyl sy werksaam was as graad 5-opvoeder by Laerskool Drakenstein in die Paarl.

Getrou aan haar lewensfilosofie om ’n “ewige student” te bly, voltooi sy haar Hons BEd in 2005 by dieselfde instelling. As gevolg van haar liefde vir lees en jeugliteratuur behaal sy haar MEd-graad in 2017 by genoemde universiteit, met die onderwerp: “Die aard van genderkonstruksie van vroulike hoofkarakters in resente Afrikaanse jeugliteratuur”. Die artikel is gebaseer op haar navorsing op hierdie gebied.

Isabella werk as Afrikaans Huistaal- en Afrikaans Addisionele Taal-opvoeder vir grade 6 en 7 by Laerskool Riebeek Kasteel in die prentjiemooi Riebeek Vallei. Sy woon in Riebeek-Wes saam met haar man, Morné, en twee dogters, Mieke en Lumay.

Oop gesprekke oor genderuitbeelding in jeugverhale

Estelle Kruger, Isabella Geldenhuys, Johan Anker Onderhoude 2018-04-05

"Ek sal graag wil hê dat my leerders hul selfwaarde moet besef; dat hulle elkeen uniek en ’n individu is en dat hul menswees nie onderhewig moet wees aan die samelewing se vooropgestelde idees van wie hulle as mense moet wees net omdat hulle gebore word as seun of dogter nie."

Gender construction of female protagonists in recent Afrikaans youth novels

Isabella Geldenhuys, Johan Anker Academic research 2018-03-14

"While reading YAL the reader is confronted with implicit social, political and cultural norms, power structures, stereotypes and sexism which form part of their world and could have an influence in forming their identity and gender roles."

Die aard van genderuitbeelding van vroulike hoofkarakters in onlangse Afrikaanse jeugliteratuur

Isabella Geldenhuys, Johan Anker LitNet Akademies (Opvoedkunde) 2018-03-14

"Jeugfiksietekste kan ’n kardinale rol in die vorming van genderidentiteit speel, want daarin word die jeugleser blootgestel aan verskuilde magstrukture, stereotipes en seksisme."

Top