Ina Joubert

Ina Joubert is hoof van die Departement van Vroeë Kinderontwikkeling, Fakulteit Opvoedkunde, Universiteit van Pretoria, waar sy in geletterdheid en demokratiese-burgerskap-opvoeding spesialiseer. Sy het al verskeie artikels oor hierdie onderwerpe in geakkrediteerde tydskrifte gepubliseer. Haar navorsingsbydrae het aan haar Nasionale Navorsingstigting- (NRF-) gradering besorg. Sy het ook ’n vakkundige navorsingsboek oor kinders se ervarings van hul burgerskap in demokratiese Suid-Afrika gepubliseer deur die internasionale akademiese uitgewer Peter Lang.

Ina is die redakteur en medeskrywer van handboeke oor geletterdheid vir die grondslagfase wat deur die meeste hoëronderwysinstellings in Suid-Afrika voorgeskryf word. Haar nuutste bydrae tot navorsing is die Afrikaanse boek met die titel Navorsing: ’n Gids vir die beginnernavorser. Sy tree as mederedakteur vir die boek op en dra ’n eie hoofstuk by met die titel “Gevallestudie: riglyne vir ontwerp en uitvoering van die navorsing“.

Verskeie studente het reeds hul nagraadse studies in hierdie vakrigtings onder haar toesig voltooi. Talle studente het hulle MEd- en PhD-projekte voltooi met die fokus op aspekte van geletterdheid. Onderwerpe van hierdie studies sluit onder andere in: die ondersoek na die gebruik van idiome in Setswana; die ontwikkeling van ’n fonologiese leesprogram vir graad 1 Afrikaanssprekende leerders met liedjies en versies; die onderrig van leesbegrip van graad 3-leerders in Thivenda; en die bemeestering van die wiskundige taal in die grondslagfase.

Navorsingsprojekte wat op burgerskap en aspekte daarvan gekonsentreer het, is die ondersoek na jong leerders se begrip van hulle regte en verantwoordelikhede en die dissiplinebeleide van onderwysers in hulle grondslagfaseklaskamers. Ina tree op as modereerder vir grondslagfasemodules van ander hoëronderwysinstellings en eksamineer gereeld nagraadse studies. Sy is ook betrokke by gemeenskapsprojekte. Haar lewensfilosofie is om in kinders, studente en volwassenes te belê sodat hulle hul beste potensiaal kan bereik.

Support strategies for behavioural competency of foundation phase learners with attention deficit/hyperactivity disorder

Ronel Wiese, Linda Bosman, Judy van Heerden, Ina Joubert Academic research 2018-03-27

"Teachers can implement suitable support strategies identified in this study in their teaching methods and initiate programmes at their schools to support competent behaviour of learners with ADHD."

Ondersteuningstrategieë vir gedragsbevoegdheid by grondslagfaseleerders met aandagtekort-/hiperaktiwiteitsversteuring

Ronel Wiese, Linda Bosman, Judy van Heerden, Ina Joubert LitNet Akademies (Opvoedkunde) 2018-03-27

"Onoplettendheid, impulsiwiteit en hiperaktiwiteit het tot gevolg dat leerders nie presteer volgens hulle volle potensiaal nie, nie ontwikkel soos hulle moet nie en nie die mylpale bereik wat deur die jaar aan hulle gestel word nie."

Die integrasie van musiek en stories as ’n effektiewe benadering tot die ontwikkeling van fonologiese bewuswording vir Afrikaanssprekende graad 1-leerders

Heidi Faber, Ina Joubert, Melanie Moen, Dorette Vermeulen LitNet Akademies (Opvoedkunde) 2015-02-18

"Die finale bevindinge van die navorsing het getoon dat musiek wel ’n positiewe rol speel in die aanleer van fonologiese vaardighede as leesgeletterdheidsvaardigheid by Afrikaanssprekende leerders in graad 1."

Die vasstelling van wetenskaplik-begronde maatstawwe vir die waardebepaling van Afrikaanse Grondslagfase-leesreekse

Tiané Koekemoer, Liesel Ebersöhn, Ina Joubert, Melanie Moen 2013-11-12 "Dié ondersoek het gelei tot die vasstelling van wetenskaplik-begronde maatstawwe aan die hand waarvan onderwysers die waarde van Afrikaanse Grondslagfase-leesreekse kan bepaal."
Top