Ilse Feinauer is tans medeprofessor in vertaling en Afrikaanse taalkunde in die Departement Afrikaans en Nederlands aan die Universiteit van Stellenbosch. Sy koördineer en doseer in die nagraadse programme in vertaling aan die universiteit, en doseer ook voor- en nagraads Afrikaanse taalkunde. Haar voor- en nagraadse studies is aan die Universiteit van Stellenbosch voltooi. Sy is mede-outeur van ’n aanleerwoordeboek, Basiswoordeboek van Afrikaans (1994), sowel as mederedakteur van ’n sintaksisbundel, Sintaksis op die Voorgrond (1998). Haar eerste navorsingsliefde was die sintaksis, maar sy het ook heelwat in die leksikografie gepubliseer. Haar huidige navorsing is op vertaalteorie toegespits. Sy is redaksielid van Lexikos, ’n internasionale leksikografietydskrif, en is lid van verskeie taal- en vertaalvakverenigings, onder andere SAVI (Suider-Afrikaanse Vereniging vir Vertaling en Tolking), EST (European Society for Translation Studies) en IATIS (International Association for Interpreting and Translation Studies).
Opgedateer/Updated: 2010-01-27
Bio-inligting verouderd? Stuur ’n e-pos aan bio@litnet.co.za
Bio info dated? Send an e-mail to bio@litnet.co.za