Ilse du Preez

Ilse du Preez ontvang haar baccalaureusgraad in molekulêre en sellulêre biologie in 2002 van die Universiteit Stellenbosch (US). Gedurende die volgende drie jaar voltooi sy haar honneurs- en magistergrade in biochemie aan dieselfde universiteit. Nadat sy haar magistergraad in 2005 ontvang het, begin sy haar navorsingsloopbaan by die Instituut vir Wynbiotegnologie aan die US. Later skuif sy na die Departement Mikrobiologie by dieselfde universiteit, waar sy onder andere entstofontwikkeling doen. In 2009 begin sy by die WNNR in Pretoria werk.

Ilse verwerf haar doktorsgraad in 2014, waartydens sy vele nominasies ontvang het, pryse gewen het en talle aanbiedinge by kongresse gelewer het. Sy is tans steeds werksaam by die WNNR en wel aktief betrokke by veral waternavorsing en die beskerming en herwinning van hierdie waardevolle hulpbron.

Sy is getroud en die ma van 'n baie besige eenjarige. Sy en haar gesin woon in Pretoria.

Einstein-kompetisie: Ilse du Preez

Ilse du Preez Einstein-kompetisie 2016-05-27

Ilse het haar doktorsgraad in 2014 verwerf, waartydens sy vele nominasies ontvang het, pryse gewen het en talle aanbiedinge by kongresse gelewer het. Sy is tans werksaam by die WNNR.

Top