Ian Michler
Ian Michler werk die afgelope 24 jaar as ’n spesialis-wildernisgids, fotojoernalis en konsultant regoor Afrika. Hy was vir 13 jaar in die Okavango-delta, Botswana. Sy skryfwerk sluit onderwerpe in oor bewaring, wildbestuur, ekotoerisme en die omgewing in die algemeen. Hy is ’n gereelde medewerker, rubriekskrywer en blogger vir Africa Geographic. Ian is ’n lid van die International League of Conservation Writers en is die skrywer en fotograaf van sewe natuurgeskiedenis- en reisboeke oor Afrika. Hy woon tans op die Tuinroete, van waar hy Invent Africa bedryf, ’n safari-maatskappy wat toeriste na 15 lande in Afrika neem.