Herrie van Rooy

Herrie van Rooy is emeritus professor in Ou Testament en Semitiese Tale aan die Noordwes-Universiteit (Potchefstroomkampus), Suid-Afrika. Hy het sy PhD in 1977 verwerf en het Semitiese Tale en Ou Testament aan sy alma mater gedoseer in die tydperk 1980–2014. Hy het gedien in die bestuur van die Ou Testamentiese Vereniging van Suid-Afrika (1992-2004; voorsitter 1998 -2004) en die Suid-Afrikaanse Vereniging vir Nabye Oosterse Studie (1988-2000; voorsitter 1996-2000). Hy dien in die redaksionele raad van Oudtestamentische Studiën sedert 1999. Hy is ook ʼn lid van die begeleidingskomitee en die Redaksionele Komitee van ’n nuwe Afrikaanse vertaling van die Bybel. Sy publikasies sluit in Studies on the Syriac Apocryphal Psalms (1999) en The East Syriac Psalm Headings: A Critical Edition (2013). Vir sy bydrae tot Bybelvertaling en die Afrikaanse Psalmomdigting het hy die ds Pieter van Drimmelen-medalje van die Suid-Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns ontvang. Hy is tans ’n B-gegradeerde navorser by die NNS.

Gesprek: Hoe gaan ’n Bybelvertaler om met die bronteks van die Ou en Nuwe Testament?

Herrie van Rooy, Jorrie Jordaan Seminare en essays 2021-05-25

In die derde bydrae tot LitNet se miniseminaar oor die 2020-Bybelvertaling bespreek Herrie van Rooy en Jorrie Jordaan kernvrae oor die wyse waarop vertalers met die brontekste van die Bybel omgaan.

Top